Daniel 6:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe het die koning die môre vroeg opgestaan en haastig na die leeukuil gegaan.
Afrikaans (NLV) 2011 Die koning is toe terug na sy paleis toe. Hy het daardie aand niks geëet nie. Daar is nie soos gewoonlik vir hom musiek gemaak nie. Hy kon ook nie daardie nag slaap nie.
Afrikaans 1933/1953 Toe het die koning na sy paleis gegaan en met vas die nag deurgebring en die byvroue nie voor hom laat kom nie, en sy slaap het van hom weggevlug.
Afrikaans 1983 Die koning is na sy paleis toe en het 'n slaaplose nag deurgebring; hy het niks geëet nie en het niks gedoen om die tyd te probeer verdryf nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die koning het daarna na sy paleis gegaan en die nag deurgebring deur te vas. Geen kos is vir hom gebring nie, en slaap het hom ontwyk.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die koning het huis toe gegaan. Hy het die hele nag niks geëet nie en met niemand gepraat nie. Hy kon nie slaap nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die koning is terug paleis toe, waar hy ’n slapelose nag deurgebring het, sonder kos of enige ander tydverdryf.