Daniel 6:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe het die koning na sy paleis gegaan en die nag vas deurgebring; en geen musiekinstrumente is voor hom gebring nie, en sy slaap het van hom weggegaan. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle het ’n klip gebring en dit voor die ingang van die hok gesit. Die koning het dit met sy seëlring en die seël van sy vooraanstaande amptenare verseël sodat niemand daarmee kon peuter en Daniël uithaal nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | En 'n klip is gebring en op die opening van die kuil gelê, en die koning het dit met sy ring en met die ring van sy maghebbers verseël, sodat niks anders met Daniël sou gebeur nie. |
| Afrikaans 1983 | Daar is 'n klip gebring en op die opening van die leeukuil gesit. Die koning het die opening verseël met sy seëlring en met dié van sy hoofamptenare sodat daar niks aan Daniël se lot verander sou kon word nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | 'n Klip is gebring en op die opening van die kuil geplaas, en die koning het dit met sy seëlring en die seëlringe van sy maghebbers verseël, sodat niks omtrent Daniël verander sou word nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die leeus was in 'n gat in die grond. Die koning se manne het 'n klip oor die gat gesit en hulle het dit met klei toegemaak. Die koning en sy belangrike amptenare het hulle seëls in die klei gedruk sodat niemand die gat kan oopmaak om vir Daniël te red nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle het ’n klip gaan haal en dit oor die opening van die plek gesit waar die leeus was. Daarna het die koning sy amptelike seël en ook dié van sy hooggeplaaste amptenare op die klip aangebring. So is Daniël se lot beseël. |