Daniel 6:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En 'n klip is gebring en op die opening van die kuil gelê; en die koning het dit met sy eie seëlring en met die seëlring van sy vorste verseël; dat die doel nie verander mag word aangaande Daniël nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Die koning het toe beveel dat Daniël gevange geneem en in die leeuhok gegooi moet word. Hy het vir Daniël gesê: “Mag jou God wat jy altyd dien jou red.”
Afrikaans 1933/1953 Toe het die koning bevel gegee, en hulle het Daniël gebring en in die leeukuil gegooi. Die koning het begin spreek en vir Daniël gesê: Mag jou God wat jy gedurigdeur vereer, jou verlos!
Afrikaans 1983 Die koning moes toe die bevel gee, en Daniël is gebring en in 'n leeukuil gegooi. Die koning het vir Daniël gesê: “Mag jou God wat jy met soveel volharding dien, jou red.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daarop het die koning opdrag gegee en hulle het Daniël gebring en in die leeukuil gegooi. En die koning het vir Daniël gesê: “Jou God wat jy voortdurend dien, mag Hy jou red.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die koning het toe gesê hulle moet vir Daniël bring en hulle moet hom vir die leeus gooi. Hulle het dit gedoen. Die koning het vir Daniël gesê: “Jou God wat jy aanhou dien, Hy sal jou red.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die koning moes toe maar die opdrag gee om Daniël te arresteer en in die leeukuil te gooi. Hy sê toe vir Daniël: “Mag jou God wat jy so getrou dien, jou red.”