Daniel 6:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe het die koning bevel gegee, en hulle het Daniël gebring en hom in die leeukuil gegooi. En die koning het gespreek en vir Daniël gesê: Jou God wat jy gedurigdeur dien, Hy sal jou verlos. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die mans is weer saam na die koning toe. Hulle sê vir hom: “O Koning, u weet tog dat ’n wet wat die koning geteken het volgens die reël van Mede en Perse vasstaan. Dit kan nie verander word nie.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarop het daardie manne die koning bestorm en aan die koning gesê: Weet, o koning, dat dit 'n wet van Meders en Perse is dat elke verbod of verordening wat die koning vasgestel het, nie verander mag word nie. |
| Afrikaans 1983 | Toe storm Daniël se vyande weer by die koning in en sê vir hom: “U Majesteit besef seker dat volgens die reg van die Mediërs en Perse geen dekreet of wet wat deur die koning uitgevaardig is, verander mag word nie.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daardie manne het ingestorm by die koning en vir die koning gesê: “Onthou, o koning, dat dit 'n wet van Mede en Perse is dat elke verbod en verordening wat die koning uitgevaardig het, nie verander mag word nie.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar daardie amptenare het na die koning toe gegaan en vir hom gesê: “Koning, jy moet onthou, dit is 'n wet van Medië en Persië. Niemand kan 'n wet wat die koning gemaak het, verander nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Teen die aand se kant het die klomp weer na die koning toe gegaan en vir hom gesê: “U Majesteit besef natuurlik dat volgens die wet van Meders en Perse geen bevel van die koning verander kan word nie.” |