Daniel 6:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe die koning hierdie woorde hoor, was hy baie ontevrede in homself en het sy hart op Daniël gerig om hom te verlos; en hy het tot sononder gewerk om hom te verlos.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle sê toe vir die koning: “Daniël, een van die Judese ballinge steur hom nie aan u of aan u wet nie. Hy bid drie maal elke dag.”
Afrikaans 1933/1953 Toe het hulle geantwoord en voor die koning gesê: Daniël, een van die Joodse ballinge, het hom aan u, o koning, en aan u verbod wat u geskrywe het, nie gesteur nie, maar drie maal op 'n dag doen hy sy gebed.
Afrikaans 1983 Toe sê hulle vir die koning: “Maar Daniël, een van die Joodse ballinge, steur hom nie aan u bevel en aan die dekreet wat u uitgevaardig het nie, U Majesteit! Hy bid nog drie maal per dag tot sy God.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe antwoord hulle en sê vir die koning: “Daniël, een van die ballinge van Juda, steur hom nie aan u, o koning, of aan die verbod wat u op skrif gestel het nie, maar drie keer op 'n dag rig hy sy bede tot sy God. ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe sê die amptenare vir die koning: “Een van die manne van Juda wat hier in Babel is, doen nie wat jy wil hê nie. Dit is Daniël, hy doen nie wat die wet sê nie. Hy bid drie maal elke dag tot sy God.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle sê toe vir die koning: “Wel, Daniël, een van die Joodse ballinge, steur hom glad nie aan U Majesteit se bevel nie. Hy bid nog steeds drie maal op ’n dag tot sy God.”