Daniel 5:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die koning het hardop geroep om die sterrekykers, die Chaldeërs en die waarsêers in te bring. En die koning het gespreek en aan die wyse manne van Babel gesê: Elkeen wat hierdie skrif lees en my die uitlegging daarvan te kenne gee, sal met skarlaken beklee word en 'n goue ketting om sy nek hê, en hy sal die derde owerste wees in die koninkryk.
Afrikaans (NLV) 2011 Die koning het geskreeu dat die voorspellers, die sterrekykers en die besweerders gehaal moes word. Hy het vir die wyse mans van Babel gesê: “As enige persoon kan lees wat hier geskryf staan en kan verklaar wat dit beteken, sal hy pers klere soos ’n koning kry, en ’n goue ketting sal om sy nek gehang word en hy sal derde in rang in my ryk aangestel word.”
Afrikaans 1933/1953 Die koning het hardop uitgeroep om die besweerders, die Chaldeërs en die waarsêers in te bring. Daarop het die koning gespreek en aan die wyse manne van Babel gesê: Enigeen wat hierdie skrif lees en my sy uitlegging te kenne gee, hy sal met purper beklee word, en 'n goue ketting sal om sy hals wees, en as derde in rang sal hy in die koninkryk heers.
Afrikaans 1983 Hy het hard geroep dat die voorspellers, die sterrekykers en die besweerders ingebring moes word en hy sê toe vir hulle, sy raadgewers: “Enigiemand wat kan lees wat hier geskrywe is en dit vir my kan uitlê, sal 'n koninklike kleed aangetrek word en 'n goue halsketting omgehang word, en hy sal as derde in rang regeer.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die koning het hard geskreeu dat die towenaars, Galdeërs en voorspellers gebring moet word. Die koning praat toe en sê vir die wyses van Babilonië: “Enige mens wat hierdie skrif kan lees en die uitleg daarvan vir my kan gee, sal in purperrooi geklee word met 'n goue ketting om sy nek, en hy sal as derde in rang in die koninkryk regeer.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy het geskree en gesê hulle moet die slim mense bring. Toe die wyse mense gekom het, sê hy vir hulle: “As iemand kan lees wat die hand op die muur geskryf het en kan sê wat dit beteken, dan sal ek vir hom klere aantrek wat lyk soos 'n koning se klere: pers klere en 'n goue ketting om sy nek. Hy sal ook die derde belangrikste man in die land word.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy was so bang dat hy op sy mense geskree het om dadelik die towenaars, fortuinvertellers en sterrevoorspellers te gaan roep. Toe hulle inkom, sê hy vir hulle: “Vir die een wat kan lees wat hier geskryf staan en vir my kan sê wat dit beteken, wag daar ’n beloning. Ek sal vir hom ’n koninklike kleed gee om aan te trek en ’n goue ketting om om sy nek te dra. Hy sal saam met my regeer as die persoon met die derde meeste gesag in die koninkryk.”