Daniel 5:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe het die koning se voorkoms verander, en sy gedagtes het hom verskrik, sodat die gewrigte van sy lendene losgeraak het en sy knieë teen mekaar geslaan het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy het bleek geword. Hy het baie bang geword en sy knieë het teen mekaar begin klap en hy het homself vuilgemaak. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe het die gelaatskleur van die koning verander, en sy gedagtes het hom verskrik, en die gewrigte van sy heupe het losgeraak, en sy knieë het teen mekaar geslaan. |
| Afrikaans 1983 | Toe het die koning bleek geword, hy was baie bang, sy bene het gebewe en hy was lam van die skrik. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe word die koning bleek, en sy gedagtes het hom verskrik. Sy heupgewrigte het slap geword en sy knieë het teen mekaar geklap. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die koning het groot geskrik en sy gesig het bleek geword, sy hele liggaam het gebewe. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy het doodsbleek geword van skrik. Sy knieë het letterlik begin bewe van vrees. |