Daniel 5:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe het hulle die goue voorwerpe gebring wat uit die tempel van die huis van God wat in Jerusalem was, geneem is; en die koning en sy vorste, sy vroue en sy byvroue het daarin gedrink. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle het toe die goue eetgerei gebring wat uit die woonplek van God in Jerusalem gevat is. Die koning het toe saam met sy amptenare, sy vroue en byvroue daaruit begin drink. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe het hulle die goue voorwerpe gebring wat uit die tempel, uit die huis van God in Jerusalem weggevoer was, en die koning en sy maghebbers, sy vroue en sy byvroue het daaruit gedrink. |
| Afrikaans 1983 | Toe is die goue en die silwerbekers gebring wat weggevoer is uit die tempel van God in Jerusalem, en die koning en sy hoofamptenare, sy vrouens en sy byvrouens het daaruit gedrink. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle bring toe die voorwerpe van goud wat uit die tempel, die huis van God in Jerusalem, verwyder is, en die koning, sy maghebbers, haremvroue en byvroue het daaruit gedrink. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die bediendes het toe die goue bekers gebring wat Nebukadnesar gevat het uit die tempel van God in Jerusalem. Koning Belsassar, sy amptenare, sy vroue en sy byvroue het uit die bekers gedrink. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle het die goue en silwerbekers gaan haal en die koning en al sy gaste het daaruit gedrink. |