Daniel 5:29 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe het Bélsasar bevel gegee, en hulle het Daniël met skarlaken beklee en 'n goue ketting om sy nek gesit en aangaande hom uitgeroep dat hy die derde owerste in die koninkryk sou wees.
Afrikaans (NLV) 2011 Belsasar het toe opdrag gegee en daar is vir Daniël die pers klere van ’n koning aangetrek, ’n goue ketting is om sy nek gehang en ’n dekreet is uitgevaardig dat hy derde in rang in die koninkryk sal wees.
Afrikaans 1933/1953 Toe het B,lsasar bevel gegee, en hulle het Daniël met purper beklee, met 'n goue ketting om sy hals, en aangaande hom openlik uitgeroep dat hy as derde in rang in die koninkryk sou heers.
Afrikaans 1983 Daniël is toe op bevel van Belsasar 'n koninklike kleed aangetrek en 'n goue halsketting omgehang, en hy is uitgeroep as regeerder, derde in rang in die koninkryk.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Belsasar het toe opdrag gegee, en hulle het Daniël in purperrooi geklee, en 'n goue ketting om sy nek gehang. Hulle het 'n proklamasie uitgevaardig, dat hy die derde magtigste in die koninkryk is.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Belsassar het toe gesê hulle moet vir Daniël klere aantrek wat lyk soos 'n koning se klere: pers klere en 'n goue ketting om sy nek. Hulle moet vir almal sê Daniël is nou die derde belangrikste man in die land.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Op Belsasar se bevel het hulle vir Daniël ’n koninklike kleed omgehang en ook ’n goue ketting om sy nek gesit. Hy het ook laat aankondig dat Daniël nou derde in bevel in die koninkryk was.