Daniel 5:20 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar toe sy hart verhef en sy verstand verhard was in trots, is hy van sy koninklike troon afgesit, en hulle het sy eer van hom weggeneem. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe hy hoogmoedig en verwaand geword het, is hy van sy troon afgesit en sy eer is van hom weggeneem. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar net toe sy hart hom verhef het en sy gees verhard is om oormoedig te wees, is hy van die troon van sy koningskap afgestoot, en die heerlikheid is hom ontneem. |
| Afrikaans 1983 | Maar toe hy hoogmoedig en verwaand geword het, is hy uit die koningskap afgesit en het hy sy roem verloor. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar toe hy hooghartig geraak het, en sy gees so verhard het dat hy oormoedig geraak het, is hy van sy koninklike troon gestoot en van sy eer gestroop. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar Nebukadnesar het hoogmoedig geword, en God het besluit hy sal nie meer koning wees en op 'n koning se troon sit nie. Die mense het hom nie meer gerespekteer nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ongelukkig het hy toe te vol van homself geword. Daarom is hy van sy troon afgesit en het hy al sy eer verloor. |