Daniel 5:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | O koning, die Allerhoogste God het aan U vader Nebukadnésar 'n koninkryk en majesteit en heerlikheid en eer gegee. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | U Majesteit, God die Allerhoogste het die koninkryk met sy grootsheid, eer en aansien vir u voorganger Nebukadnesar gegee. |
| Afrikaans 1933/1953 | Wat u betref, o koning, die allerhoogste God het aan u vader Nebukadn,sar die koningskap en grootheid en heerlikheid en majesteit gegee. |
| Afrikaans 1983 | “Die allerhoogste God het aan u voorganger Nebukadnesar koningskap en mag, roem en eer gegee. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Wat u betref, o koning: Die Allerhoogste God het die koningskap, die grootheid, eer en majesteit gegee aan Nebukadnesar, u vader. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Nebukadnesar was koning voor jou. Jy weet dat die Hoogste God hom 'n groot en belangrike koning gemaak het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die allerhoogste God het u vader, Nebukadnesar, ’n magtige en beroemde koning gemaak en aan hom groot eer gegee. |