Daniel 5:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe antwoord Daniël en sê voor die koning: Laat jou geskenke vir jouself wees, en gee jou belonings aan 'n ander; maar ek sal die geskrif aan die koning voorlees en die uitlegging aan hom bekend maak.
Afrikaans (NLV) 2011 Daniël antwoord die koning: “U kan maar die geskenke vir uself hou of die beloning maar vir iemand anders gee. Ek sal nogtans vir die koning lees wat daar geskryf staan en vir u sê wat dit beteken.
Afrikaans 1933/1953 Toe het Daniël geantwoord en voor die koning gesê: U kan u gawes maar vir uself hou en u geskenke aan 'n ander gee; nogtans sal ek die skrif vir die koning lees en die uitlegging aan hom bekend maak.
Afrikaans 1983 Toe het Daniël die koning geantwoord: “Hou gerus maar u geskenke en gee u beloning maar aan iemand anders. Ek sal in elk geval vir u lees wat geskryf is en dit vir u uitlê.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daniël antwoord toe en sê vir die koning: “U geskenke mag u vir uself hou, en u beloning – gee dit aan iemand anders! Ek sal in elk geval die skrif vir die koning lees, en die uitleg aan hom bekend maak.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe het Daniël vir die koning gesê: “Koning, jy kan die presente hou of jy kan dit vir iemand anders gee. Maar ek sal lees wat daar geskryf is en ek sal vir jou sê wat dit beteken.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daniël het geantwoord: “Hou gerus maar u geskenke vir uself of gee dit vir iemand anders. Ek sal in elk geval vir U Majesteit lees wat daar geskryf staan en wat dit beteken.