Daniel 5:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En ek het van jou gehoor dat jy uitleggings kan maak en twyfel kan oplos; nou as jy die skrif kan lees en my die uitlegging daarvan bekend kan maak, moet jy met skarlaken beklee word en 'n goue ketting om jou nek hê, en sal die derde heerser in die koninkryk wees. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek het gehoor jy kan verklarings gee en raaisels oplos. As jy kan lees wat daar geskryf staan en vir my sê wat dit beteken, sal ek vir jou die pers klere van ’n koning gee, ’n goue ketting om jou nek hang en jou in die derde posisie in my koninkryk aanstel.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar ek het van jou gehoor dat jy uitlegginge kan gee en knope kan losmaak; as jy nou die skrif kan lees en sy uitlegging aan my bekend maak, sal jy met purper beklee word, en 'n goue ketting sal daar om jou hals wees, en jy sal as derde in rang in die koninkryk heers. |
| Afrikaans 1983 | “Ek het gehoor jy kan dinge uitlê en probleme ontrafel. As jy dan nou vir my kan lees wat geskryf is, en dit kan uitlê, sal daar vir jou 'n koninklike kleed aangetrek word en 'n goue halsketting omgehang word, en sal jy as derde in rang regeer.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ek het egter van jou gehoor dat jy in staat is om uitleg te gee en probleme te ontrafel. Daarom, as jy in staat is om die skrif te lees en die uitleg daarvan bekend te maak, sal jy in purperrooi geklee word, met 'n goue ketting om jou nek, en jy sal as derde in rang in die koninkryk regeer.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe het ek gehoor jy kan sê wat dinge beteken en jy kan probleme oplos. As jy nou kan lees wat daar geskryf is en kan sê wat dit beteken, dan sal ek vir jou klere aantrek wat lyk soos 'n koning se klere: pers klere en 'n goue ketting om jou nek. Jy sal ook die derde belangrikste man in die land word.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | As jy kan lees wat daar geskryf staan en vir my kan sê wat dit beteken, sal ek vir jou ’n koninklike kleed gee om te dra en ’n goue ketting om jou nek. Jy sal saam met my oor my ryk regeer as die persoon wat derde in bevel is.” |