Daniel 5:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En nou is die wyse manne, die sterrekykers, voor my ingebring om hierdie skrif te lees en my die uitlegging daarvan bekend te maak, maar die uitlegging van die saak kon hulle nie bekend maak nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die geleerdes en towenaars het probeer om te lees wat hier geskryf staan en te verklaar wat dit beteken. Maar hulle was nie in staat om dit te verduidelik nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Nou net is die wyse manne, die besweerders, voor my gebring om hierdie skrif te lees en sy uitlegging aan my bekend te maak; maar hulle is nie in staat om die uitlegging van die woord te kenne te gee nie. |
| Afrikaans 1983 | Die raadgewers, die voorspellers, is na my toe gebring sodat hulle kan lees wat geskryf is, en dit vir my kan uitlê, maar hulle is nie in staat om 'n uitleg te gee nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | En nou, die wyses, die towenaars, is voor my gebring, sodat hulle hierdie skrif kon lees en die uitleg daarvan aan my bekend kon maak. Maar hulle was nie daartoe in staat om die uitleg van die woorde bekend te maak nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek het die wyse en slim mense laat kom om te lees wat daar op die muur geskryf is en om te sê wat dit beteken. Maar hulle kon dit nie doen nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek het my raadgewers en voorspellers laat kom om vir my te sê wat daar op die muur geskryf staan, en watter betekenis dit vir my het, maar hulle kon dit nie doen nie. |