Daniel 5:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Omdat daar 'n voortreflike gees en kennis en insig, uitlegging van drome en verkondiging van harde sinne en opheffing van twyfel gevind is in dieselfde Daniël, vir wie die koning Béltsasar genoem het; laat Daniël nou genoem word, en hy sal te kenne gee die interpretasie.
Afrikaans (NLV) 2011 Daniël, vir wie die koning die naam Beltsasar gegee het, is buitengewoon skerpsinnig en begaafd. Dit het aan die lig gekom dat hy weet hoe om drome uit te lê, raaisels op te los en probleme te ontknoop. Laat Daniël dan nou kom dat hy dit kan lees en kan verklaar wat dit beteken.”
Afrikaans 1933/1953 omdat in hom 'n voortreflike gees en kennis en verstand gevind is om drome uit te lê en raaisels op te los en knope los te maak -- in Daniël aan wie die koning die naam van B,ltsasar gegee het; laat Daniël nou geroep word, dan sal hy die uitlegging te kenne gee.
Afrikaans 1983 Hierdie man Daniël vir wie die koning die naam Beltsasar gegee het, het buitengewone bekwaamheid en kennis en insig om drome uit te lê, probleme op te los en moeilike dinge te ontrafel. Laat haal nou vir Daniël, en hy sal vir u die uitleg gee.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) en wel omdat 'n buitengewone gees en verstand, die insig om drome te verklaar, raaisels uit te lê en om probleme te ontrafel, in hom gevind is, in Daniël, vir wie die koning die naam Beltsasar gegee het. Laat Daniël nou ontbied word; hy sal die uitleg gee.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die man se naam is Daniël, en koning Nebukadnesar het hom Beltsassar genoem. Jy moet vir Daniël laat roep, hy sal vir jou sê wat die woorde op die muur beteken. Hy kan sê wat drome beteken, hy kan antwoord wat mense vir hom vra en hy kan probleme oplos.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy het ’n flink brein met ’n buitengewone vermoë om drome te kan uitlê, probleme op te los en moeilike sake uit te sorteer. Laat roep vir Daniël, vir wie jou pa die naam Beltsasar gegee het. Hy sal vir jou kan sê wat die skrif teen die muur beteken.”