Daniel 5:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daar is 'n man in u koninkryk in wie die gees van die heilige gode is; en in die dae van jou vader is lig en verstand en wysheid in hom gevind soos die wysheid van die gode; wat die koning, jou vader Nebukadnésar, die koning, ek sê, jou vader, meester gemaak het oor die towenaars, besweerders, Chaldeërs en waarsêers; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daar is ’n man in jou koninkryk in wie die gees van die heilige gode woon. In die dae van jou voorganger het dit duidelik geword dat hy insig, begrip en wysheid het soos dié van die gode self. Jou voorganger Nebukadnesar het hom aangestel as hoof oor sy towenaars, besweerders, voorspellers en sterrekykers. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daar is 'n man in u koninkryk in wie die gees van die heilige gode is: in die dae van u vader is verligting en insig en wysheid soos die wysheid van die gode in hom gevind; daarom het u vader, koning Nebukadn,sar, hom as owerste van die geleerdes, die besweerders, die Chaldeërs, die waarsêers aangestel -- u vader, o koning! -- |
| Afrikaans 1983 | Daar is 'n man in u koninkryk in wie die gees van die heilige gode is. In die dae van u voorganger is daar gevind dat hy skranderheid, insig en wysheid het soos dié van die gode. U voorganger, koning Nebukadnesar self, het hom aangestel as hoof van die towenaars, die voorspellers, die sterrekykers en die besweerders. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daar is 'n man in u koninkryk in wie die gees van die heilige gode is. In die dae van u vader is helderheid, insig en wysheid soos die wysheid van gode by hom gevind. Koning Nebukadnesar, u vader, het hom aangestel as hoof van die waarsêerpriesters, towenaars, Galdeërs en voorspellers – ja, u vader, die koning – |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daar is 'n man in jou land, die heilige gode help hom. Koning Nebukadnesar, wat koning was voor jou, het gesien die man is baie slim en sy wysheid is soos die wysheid van die gode. Toe het Nebukadnesar hom die hoof gemaak van al die slim mense. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daar is ’n man hier in die ryk in wie die Gees van die heilige God is. Toe jou pa nog regeer het, het almal geweet dat hierdie man sy gesonde verstand kon gebruik en dat hy baie slim was. Dit was amper of hy self ’n god was. Jou pa, koning Nebukadnesar, het hom as hoof oor al die towenaars, fortuinvertellers, sterrevoorspellers en besweerders aangestel. |