Daniel 5:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die koningin het, weens die woorde van die koning en sy HERE, in die feeshuis ingekom; en die koningin het gespreek en gesê: O koning, leef vir ewig;
Afrikaans (NLV) 2011 Toe sy ma hoor van die debakel waarin die koning en sy amptenare is, gaan sy na die saal waar die fees gehou is. Toe sy binnekom, sê sy: “Mag die koning lank lewe! Moenie jou so ontstel en bang wees nie.
Afrikaans 1933/1953 Na aanleiding van die woorde van die koning en van sy maghebbers het die koningin in die eetsaal ingegaan; die koningin het begin spreek en gesê: Mag die koning in ewigheid lewe! Laat u gedagtes u nie verskrik en u gelaatskleur nie verander nie.
Afrikaans 1983 Onderwyl die koning en sy hoofamptenare aan die praat was, het die koningin die eetsaal binnegekom. “Mag die koning baie lank lewe!” het sy gesê. “U moenie so bang en bleek wees nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die koningin het toe, vanweë die gesprek tussen die koning en sy maghebbers, die feessaal binnegegaan. Die koningin praat toe en sê: “O koning, leef vir ewig! Moenie dat u gedagtes u ontstel nie; en u hoef nie bleek te wees nie!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar die koningin het gehoor wat die koning en sy amptenare praat. Sy het in die eetsaal gekom en gesê: “Ek hoop die koning sal lank lewe. Jy moenie bang wees en bleek word nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die koning se ma het die lawaai gehoor wat die koning en sy gaste gemaak het. Sy stap toe die eetsaal binne en sê: “Lank lewe die koning! U Majesteit, moet tog nie so ontsteld en bang wees oor hierdie saak nie.