Daniel 4:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) wie se blare mooi was en die vrugte daarvan baie, en daarin was voedsel vir almal; waaronder die diere van die veld gewoon het en op wie se takke die voëls van die hemel gewoon het.
Afrikaans (NLV) 2011 met sy groen blaredak en sy baie vrugte waarvan almal kon eet, sy skaduwee waaronder al die diere van die veld kon skuil en sy takke waarin die voëls van die lug kon nes maak,
Afrikaans 1933/1953 en waarvan die blare mooi en die vrugte baie gewees het, en waar voedsel vir alles aan was, waaronder die diere van die veld gehou en in die takke waarvan die voëls van die hemel gewoon het --
Afrikaans 1983 waarvan die blare mooi en die vrugte groot was en waaraan daar genoeg kos was vir die hele wêreld, waaronder die wilde diere gebly en in wie se takke die voëls nes gemaak het,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) waarvan die blare mooi en sy vrugte baie is, met kos aan hom vir almal, onder wie die diere van die veld woon, en in wie se takke die voëls van die hemel tuis is,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daar was mooi blare en baie vrugte aan die boom. Dit was kos vir almal. Al die diere kon onder die boom lewe en al die voëls kon in sy takke woon.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dit het mooi blare en baie vrugte gehad waarvan almal kon eet. Die wilde diere het daar gerus en die voëls het daar nes gemaak.