Daniel 4:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hy het hard uitgeroep en gesê: Kap die boom af en kap sy takke af, skud sy blare af en strooi sy vrugte; laat die diere daaronder wegkom en die voëls van sy takke. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy het hardop uitgeroep: Kap die boom af! Breek sy takke af! Stroop sy blare af! Skud sy vrugte af! Jaag die diere weg van sy skaduwee! Jaag die voëls uit sy takke! |
| Afrikaans 1933/1953 | hy het hardop geroep en so gesê: Kap die boom om en kap sy takke af, trek sy blare af en verstrooi sy vrugte; laat die diere onder hom uit wegvlug en die voëls uit sy takke. |
| Afrikaans 1983 | Hy het hard geroep: “ ‘Kap af die boom, kap af sy takke, stroop af sy blare en gooi weg sy vrugte. Die wilde diere moet onder hom uit wegvlug en die voëls uit sy takke uit. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Terwyl hy hardop uitroep, het hy die volgende gesê: “ ‘ “Vel die boom, en kap sy takke af! Stroop sy blare af, en verstrooi sy vrugte! Die diere moet onder hom uit vlug en die voëls uit sy takke. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die engel het hard gepraat en gesê: “Kap af die boom, sny af sy takke, skud af sy blare, gooi sy vrugte oral rond. Die diere onder die boom moet wegvlug, en die voëls moet wegvlug uit sy takke. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy het kliphard uitgeroep: ‘Kap af die boom. Sny sy takke af! Stroop hom kaal van al sy blare en vrugte! En jaag al die diere en voëls weg wat daar kom rus en nes maak het. |