Daniel 4:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Die boom het gegroei en sterk geword, en sy hoogte bereik tot aan die hemel, en sy gesig tot aan die einde van die hele aarde. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die boom het groot en sterk geword. Dit was naderhand so hoog soos die wolke. Almal op die wêreld kon dit sien. |
| Afrikaans 1933/1953 | Die boom het groot geword en sterk, en sy hoogte het tot aan die hemel gereik, sodat hy tot aan die einde van die hele aarde sigbaar was. |
| Afrikaans 1983 | Die boom het so groot en sterk geword dat sy top aan die hemel geraak het, en dit was oral op die aarde sigbaar. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die boom het gegroei en sterk geword. Sy hoogte het tot aan die hemel gereik, en hy was sigbaar tot aan die einde van die hele aarde. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dit het baie groot en sterk geword, so groot dat dit aan die hemel geraak het. Al die mense op al die plekke kon die boom sien. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hierdie boom het al hoe groter en sterker geword totdat die top daarvan naderhand aan die hemel geraak het en die hele wêreld dit kon sien. |