Daniel 12:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy sê: Gaan heen, Daniël, want die woorde is geslote en verseël tot die tyd van die einde toe.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy sê toe: “Daniël, gaan nou maar. Hierdie woorde is gesluit en verseël tot in die eindtyd.
Afrikaans 1933/1953 En hy het gesê: Gaan heen, Daniël, want die woorde bly verborge en verseël tot die tyd van die einde toe.
Afrikaans 1983 Toe sê hy: “Jy moet nou gaan, Daniël, want die woorde is verseël en word geheim gehou tot die eindtyd toe.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daarop het hy geantwoord: “Gaan, Daniël! Want die woorde bly verborge en verseël tot die tyd van die einde.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy het gesê: “Jy moet nou gaan, Daniël, want die tyd moet eers verby wees, dan sal mense weet wat hierdie dinge beteken.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy het toe vir my gesê: “Jy moet gaan, Daniël, want hierdie woorde moet geheim gehou en weggesteek word tot die einde kom.