Daniel 12:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En een sê vir die man bekleed met linne wat op die waters van die rivier was: Hoe lank sal dit wees tot die einde van hierdie wonders?
Afrikaans (NLV) 2011 Een van hulle het vir die man met fyn linneklere aan en wat bokant die water gestaan het, gevra: “Hoe lank sal dit duur voordat hierdie skrikwekkende dinge in vervulling gaan?”
Afrikaans 1933/1953 En een het aan die man, met linne bekleed, wat bo-oor die water van die rivier was, gesê: Hoe lank sal die einde van die wonderbaarlike dinge uitbly?
Afrikaans 1983 Een van hulle het aan 'n man wat linneklere aangehad het en bokant die water gestaan het, gevra: “Hoe lank sal hierdie onbegryplike gebeurtenisse nog aanhou?”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die een sê toe vir die man geklee in linne wat aan die bokant van die stroom water was: “Hoe lank nog voor die einde van die verstommende gebeure aanbreek?”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die man met die linne-klere was in die lug bo die water van die rivier, en een van die manne langs die rivier het vir hom gevra: “Hoe lank sal hierdie wonderlike dinge aanhou?”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Een van hulle vra toe vir die man met die linneklere aan wat so ’n entjie stroomop gestaan het: “Hoe lank nog voordat hierdie verskriklike dinge ophou?”