Daniel 12:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe het ek, Daniël, gekyk, en kyk, daar staan nog twee, die een aan die ander kant van die rivier en die ander aan die ander kant van die rivier. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek, Daniël, het toe gekyk en daar was twee ander mans wat daar staan, een aan elke kant van die rivier. |
| Afrikaans 1933/1953 | En ek, Daniël, het gesien, en kyk daar het twee ander gestaan, die een duskant op die wal van die rivier en die ander oorkant op die wal van die rivier. |
| Afrikaans 1983 | Ek, Daniël, het toe twee ander persone by die Tigrisrivier sien staan, een aan die duskant en een aan die anderkant. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ek, Daniël, het gesien: Kyk, daar staan twee ander, een aan hierdie kant op die wal van die stroom, en een aan daardie kant op die wal van die stroom. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe ek, Daniël, weer kyk, staan daar twee ander manne, die een man aan die een kant naby my, en die ander man aan die ander kant van die rivier. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe sien ek twee ander figure aan weerskante van die Tigrisrivier staan. |