Daniel 12:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar jy, Daniël, hou die woorde stil en verseël die boek tot die tyd van die einde toe; baie sal heen en weer hardloop, en kennis sal vermeerder.
Afrikaans (NLV) 2011 Maar jy, Daniël, moet hierdie woorde geheim hou en die boek verseël tot aan die einde van die tyd. Baie sal hiernatoe en daarnatoe gaan om meer te wete te kom.”
Afrikaans 1933/1953 En jy, Daniël, hou die woorde geheim en verseël die boek tot die tyd van die einde toe; baie sal dit deursoek, en die kennis sal vermeerder.
Afrikaans 1983 “En jy, Daniël, hou die woorde geheim en verseël die boek tot die eindtyd toe. Baie mense sal oor die gebeurtenisse navraag doen om begrip daarvan te probeer kry.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ ‘En jy, Daniël, hou die woorde geheim en verseël die boekrol tot die tyd van die einde. Baie sal rondswerf, sodat die kennis kan vermeerder.’ ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) En jy, Daniël, jy moet stilbly. Jy moet die boek toehou totdat die dag kom wanneer die tyd verby is. Baie mense sal oral soek en probeer verstaan wat gebeur.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Maar jy, Daniël, moet hierdie woorde geheim hou. Maak die boek toe en verseël dit sodat niemand dit kan oopmaak nie. So moet dit bly tot die laaste dae hier op aarde aangebreek het. Baie mense sal probeer agterkom wat aangaan, maar dit sal hulle niks help nie.”