Daniel 12:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En baie van die wat in die stof van die aarde slaap, sal ontwaak, sommige tot die ewige lewe, en sommige tot skande en ewige veragting. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Baie wat reeds in die graf is, sal dan uit die dood opstaan. Party sal vir altyd lewe en ander sal eindelose skande en veragting ervaar. |
| Afrikaans 1933/1953 | En baie van die wat in die stof van die aarde slaap, sal ontwaak, sommige tot die ewige lewe en sommige tot groot smaadheid, vir ewig afgryslik. |
| Afrikaans 1983 | Baie van dié wat ontslaap het, sal uit die graf opstaan, party tot die ewige lewe en party tot ewige skande en veragting. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Baie van hulle wat slaap in die stof van die aarde, sal wakker word – sommige vir die ewige lewe, en ander tot skande, tot ewige afsku. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Baie mense wat nou in hulle grafte slaap, sal wakker word. Party mense sal altyd lewe, en God sal party mense vir altyd verneder en haat. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Baie van dié wat reeds dood is, sal dan opstaan; party om vir ewig te lewe en ander om vir ewig onder God se straf en veragting te leef. |