Daniel 12:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar gaan jy tot die einde toe, want jy sal rus en in jou lot staan aan die einde van die dae.
Afrikaans (NLV) 2011 “En wat jou aanbetref, Daniël, jy sal gaan rus in die graf, maar jy sal weer opstaan aan die einde en jy sal kry wat vir jou as erfdeel bepaal is.”
Afrikaans 1933/1953 En jy, gaan heen na die einde; en jy sal rus en weer opstaan tot jou bestemming aan die einde van die dae.
Afrikaans 1983 Maar hou jy aan tot die einde toe. Jy sal te ruste gelê word maar weer opstaan en jou bestemde deel ontvang in die eindtyd.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) En jy, gaan voort tot die einde! Jy sal rus en daarna opstaan vir jou bestemming aan die einde van die dae.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Daniël, jy moet aanhou totdat dit die tyd is wanneer jy moet sterf. Jy sal rus, en wanneer die tyd verby is, dan sal jy opstaan en kry wat God vir jou wil gee.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Maar jy moet volhard in jou geloof tot die einde toe. Dan sal jy doodgaan, maar jy sal opstaan en jou hemelse beloning kry aan die einde van die tyd.”