Daniel 12:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En van die tyd af dat die daaglikse offer weggeneem en die gruwel wat verwoesting maak opgerig word, sal daar duisend twee honderd en negentig dae wees. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Van die tyd af dat die gereelde offer afgeskaf is en die gruwelike ding wat verwoesting aanrig, opgerig is, sal 1 290 dae verloop. |
| Afrikaans 1933/1953 | En van die tyd af dat die voortdurende offer afgeskaf en die ontsettende gruwel opgerig word, sal duisend twee honderd en negentig dae verloop. |
| Afrikaans 1983 | Van die tyd dat die daaglikse offer afgeskaf is en die ding opgerig is wat 'n gruwel is vir God en wat verwoesting aanrig, sal daar twaalf honderd en negentig dae verloop. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Vanaf die tyd dat die gereelde offer afgeskaf word, en vanaf die oprigting van 'n verfoeilike afgodsbeeld wat verwoesting veroorsaak, sal 'n duisend tweehonderd-en-negentig dae verloop. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die koning sal sê die priesters moenie elke dag offer nie. Hy sal ook iets in die tempel sit wat vir God baie kwaad sal maak en wat alles sal verwoes. Daarna sal 1 290 dae verbygaan. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Van die tyd af dat die mense verbied word om die ware godsdiens te beoefen, vandat hulle die gruwelike afgodsbeeld daar op die altaar in die tempel neersit, daardie ding wat tot verwoesting lei, sal 1 290 dae verloop. |