Daniel 12:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Baie sal gereinig en wit gemaak en beproef word; maar die goddelose sal goddeloos handel; en geeneen van die goddelose sal verstaan nie; maar die wyse sal verstaan.
Afrikaans (NLV) 2011 Baie sal gesuiwer en gereinig word en deur hierdie dinge gelouter word. Dié wat kwaad doen, sal aanhou om kwaad te doen. Nie een van die kwaaddoeners sal enigiets verstaan nie, maar hulle wat verstandig is, sal wel verstaan.
Afrikaans 1933/1953 Baie sal gereinig en gesuiwer en gelouter word, maar die goddelose sal goddeloos handel; en geeneen van die goddelose mense sal verstaan nie, maar die verstandiges sal verstaan.
Afrikaans 1983 Baie mense sal gesuiwer, gereinig en gelouter word, maar die goddeloses sal goddeloos bly. Nie een van die goddeloses sal verstaan nie, maar die verstandige leiers sal verstaan.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Baie sal gereinig en gesuiwer en gelouter word, maar goddeloses sal goddeloos optree. Geeneen van die goddeloses sal verstaan nie, maar die verstandiges sal verstaan.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Baie mense sal rein en skoon en goed word, maar die slegte mense sal sleg bly. Nie een van die slegte mense sal verstaan nie, maar die verstandige leiers sal verstaan.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Baie mense sal tot bekering kom. Hulle sal op ’n nuwe manier begin leef en in hulle geloof versterk word as gevolg van hierdie swaar tye. Maar die goddelose mense sal nog erger aangaan en nog verder wegdwaal. Gelukkig sal die goeie leiers verstaan waaroor dit gaan.