Daniel 12:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En in dié tyd sal Migael opstaan, die groot vors wat vir die kinders van jou volk staan; en daar sal 'n tyd van benoudheid wees soos daar nog nooit was vandat daar 'n nasie was tot op daardie tyd nie; en in dié tyd sal jou mense sal gered word, elkeen wat in die boek opgeskrywe sal wees.
Afrikaans (NLV) 2011 “In daardie tyd sal Migael, die groot leier, optree. Hy beskerm mos jou volk. Dit sal ’n benoude tyd wees soos daar nog nie was sedert nasies ontstaan het nie. In daardie stadium sal elkeen van jou volk wie se naam in die boek opgeteken staan, gered word.
Afrikaans 1933/1953 En in die tyd sal M¡gael, die groot vors wat oor die kinders van jou volk staan, optree; en dit sal 'n tyd van benoudheid wees soos daar nie gewees het vandat 'n volk bestaan het tot op die tyd nie; maar in die tyd sal jou volk gered word, elkeen wat in die boek opgeskrywe staan.
Afrikaans 1983 “In daardie tyd sal Migael, die groot engel wat oor die lede van jou volk waghou, op die toneel verskyn. Dit sal 'n swaar tyd wees, so swaar soos dit nog nooit was vandat daar nasies is nie. In daardie tyd sal almal uit jou volk wat in die boek opgeskryf is, gered word.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ ‘ En in dié tyd sal Migael opstaan, die groot vors, wat die mense van jou volk bystaan. Dit sal 'n tyd van verdrukking wees, soos daar nog nie was sedert 'n nasie ontstaan het, en tot in hierdie tyd nie. Maar in hierdie tyd sal jou volk gered word, elkeen wie se naam gevind word waar dit in die •boekrol opgeskryf is.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “In daardie tyd sal Migael kom. Hy is die groot engel wat jou volk moet beskerm. Die mense sal in daardie tyd baie swaar kry, die volke het nog nooit so swaar gekry nie. Maar in daardie tyd sal God jou volk red. Hy het hulle almal se name in sy boek geskryf.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “In daardie tyd sal Migael, die groot engel wat oor jou hele volk waghou, op die toneel verskyn. Dit sal ’n moeilike en onstuimige tyd wees, erger as ooit tevore. In daardie tyd sal almal uit jou volk wie se name in God se boek geskryf staan, gered word.