Daniel 11:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hulle sal ook hulle gode, met hulle vorste en met hulle kosbare voorwerpe van silwer en goud, in ballingskap na Egipte bring; en hy sal langer bly as die koning van die Noorde.
Afrikaans (NLV) 2011 Wanneer hy teruggaan Egipte toe, sal hy gode wat gegiet is en kosbare voorwerpe van silwer en goud as buit saam met hom neem. Hy sal die koning van die noorde vir ’n geruime tyd met rus laat.
Afrikaans 1933/1953 ja, ook hulle gode en hulle gegote beelde saam met hulle kosbare voorwerpe, silwer en goud, in gevangenskap na Egipte bring, en hy sal jare lank die koning van die Noorde met rus laat.
Afrikaans 1983 Hy sal ook hulle gode en hulle beelde met hulle skatte van silwer en goud na Egipte toe wegvoer. Dan sal hy die koning van die noorde 'n aantal jare met rus laat.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ook hulle gode met hulle gegote beelde en hulle kosbare voorwerpe – silwer en goud – sal hy wegvoer na Egipte; en jare lank sal hy die koning van die Noorde met rus laat.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy sal die beelde van hulle afgode wegvat na Egipte en ook al hulle mooi goed van silwer en goud. Hy sal 'n lang tyd nie weer oorlog maak teen die koning van die noorde nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy sal hulle afgodsbeelde en hulle kosbare skatte van silwer en goud saam met hom terugvat Egipte toe. Vir ’n paar jaar sal daar weer vrede wees,