Daniel 11:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar uit 'n tak van haar wortels sal een in sy land opstaan, wat met 'n leër sal kom en in die vesting van die koning van die Noorde sal ingaan en teen hulle sal handel en oorwin.
Afrikaans (NLV) 2011 Een van haar familielede sal met ’n leërmag opruk en die vesting van die koning van die noorde binneval en dit oorrompel.
Afrikaans 1933/1953 Dan sal een uit die spruite van haar wortels in sy plek oprys en teen die leër optrek, en hy sal in die vesting van die koning van die Noorde indring en teen hulle optree en magtig wees;
Afrikaans 1983 In haar pa se plek sal een van haar familielede koning word, teen die leër van die koning van die noorde optrek, sy vesting binnedring en as oorwinnaar met die inwoners doen wat hy wil.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dan sal een van die spruite uit haar wortels in sy plek opstaan. Hy sal teen die leër optrek en die vesting van die koning van die Noorde binnedring; hy sal teen hulle optree en hulle oorweldig.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Een van die seuns van die koning van die suide sal koning word ná sy pa. Hy sal oorlog maak teen die nuwe koning van die noorde en hy sal kom in die stad wat sterk mure het. Hy sal met die mense doen wat hy wil.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Nie lank daarna nie sal een van haar familielede koning word. Hy sal hom gereedmaak vir oorlog teen die koning van die noorde en hom verslaan.