Daniel 11:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En aan die einde van die jare sal hulle bymekaarkom; want die koning se dogter van die Suide sal na die koning van die Noorde kom om 'n ooreenkoms te sluit; maar sy sal die mag van die arm nie behou nie; en hy sal nie staan nie, ook nie sy arm nie, maar sy sal oorgegee word, en die wat haar gebring het en die wat haar verwek het, en hy wat haar versterk het in hierdie tye. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “’n Paar jaar later sal ’n ooreenkoms gesluit word. Die dogter van die koning van die suide sal met die koning van die noorde trou om die ooreenkoms te bevestig. Sy sal egter haar invloed verloor. Die koning self sal ook nie bly regeer nie. Die vrou en dié wat haar na hom gebring het, haar pa en haar ondersteuners, sal in daardie tyd in die steek gelaat word. |
| Afrikaans 1933/1953 | En nverloop van jare sal hulle 'n bondgenootskap met mekaar aangaan, en die dogter van die koning van die Suide sal na die koning van die Noorde kom om vrede te sluit; maar sy sal die krag van die arm nie behou nie -- hy en sy mag sal nie standhou nie, en sy self sal prysgegee word saam met die wat haar gebring het, sowel as hy wat haar verwek het en haar in die tyd verwerf het. |
| Afrikaans 1983 | Na verloop van tyd sal hulle met mekaar 'n bondgenootskap aangaan, en die dogter van die koning van die suide sal aan die koning van die noorde as vrou gegee word om die bondgenootskap te bekragtig. Sy sal egter nie haar invloed daar behou nie, en haar pa sal geen gesag daar hê nie. Sy en dié wat haar gebring het, en ook haar pa en haar man, sal in dié tyd ondergaan. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ná verloop van jare sal hulle 'n bondgenootskap sluit, en die koning van die Suide se dogter sal na die koning van die Noorde kom om die ooreenkoms te bekragtig. Maar sy sal nie die militêre mag behou nie. Die koning van die Suide se mag sal ook nie standhou nie. Sy sal in dié tyd oorgelewer word – sy en haar gevolg, sowel as hy wat haar verwek het, en hy wat haar ondersteun het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Later sal hierdie twee konings 'n ooreenkoms maak. 'n Dogter van die koning van die suide sal trou met die koning van die noorde om te wys dat die twee konings 'n ooreenkoms gemaak het. Maar dit sal niks help vir die koning van die suide nie. Die dogter en die mense wat met haar saamgaan, sal sterf, en ook haar pa en haar man met wie sy daardie tyd getrou het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Later sal die koning van die noorde ’n ooreenkoms aangaan met die koning van die suide. Dan sal die koning van die noorde met die koning van die suide se dogter trou. Ongelukkig sal sy en haar pa hulle invloed oor hom verloor. Uiteindelik sal sy, haar pa, haar man en al haar volgelinge doodgemaak word. |