Daniel 11:45 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy sal die hutte van sy paleis plant tussen die see op die heilige berg van heerlikheid; nogtans sal hy aan sy einde kom, en niemand sal hom help nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy sal sy tent opslaan tussen die Middellandse See en die heilige berg. Daar sal hy aan sy einde kom. Niemand sal hom kan help nie.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En hy sal sy paleistente opslaan tussen die see en die berg van die heilige Prag; maar hy sal aan sy einde kom, en daar sal vir hom geen helper wees nie. |
| Afrikaans 1983 | Hy sal sy koninklike tente opslaan tussen die see en die pragtige berg waar die heiligdom staan. Maar dan sal hy aan sy einde kom en niemand sal hom kan help nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy sal sy koninklike tente opslaan tussen die see en die berg van die heilige Sieraad, maar hy sal aan sy einde kom, en daar sal geen helper vir hom wees nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy sal sy tente opslaan tussen die Middellandse See en die mooi berg waar die tempel staan. Maar hy sal daar sterf, en niemand sal hom kan help nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy sal kamp opslaan tussen die Middellandse See en die heilige berg waarop die tempel staan. Daar sal hy doodgaan sonder dat iemand hom kan help.” |