Daniel 11:44 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar tyding uit die ooste en uit die noorde sal hom verskrik; daarom sal hy met groot grimmigheid uittrek om baie te vernietig en met die banvloek te tref. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “’n Berig uit die ooste en die noorde sal hom dan ontstel. Hy sal woedend uittrek om baie te gaan vernietig en dood te maak. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar gerugte uit die ooste en uit die noorde sal hom verskrik; daarom sal hy met groot woede uittrek om baie mense te verdelg en met die banvloek te tref. |
| Afrikaans 1983 | Dan sal gerugte uit die ooste en die noorde hom ontstel, en hy sal woedend optrek om baie mense dood te maak en uit te roei. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Gerugte uit die ooste en noorde sal hom verskrik, en hy sal met groot woede uittrek om baie te verdelg en aan volledige vernietiging oor te gee. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar dan sal hy slegte nuus kry uit die ooste en die noorde. Hy sal skrik en kwaad word en teruggaan om baie mense dood te maak. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dan sal allerhande stories uit die ooste en die noorde hom bereik wat hom so sal omkrap dat hy ’n klomp onskuldige mense sal doodmaak. |