Daniel 11:41 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hy sal ook in die heerlike land ingaan, en baie lande sal verwoes word; maar hulle sal uit sy hand ontvlug, Edom en Moab en die owerstes van die kinders van Ammon. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy sal deur die mooi land van Israel trek en baie sal doodgemaak word. Edom, Moab en die grootste deel van Ammon sal egter van hom gespaar bly. |
| Afrikaans 1933/1953 | Hy sal ook kom in die Pragtige Land, en baie sal struikel; maar hierdie volke sal uit sy hand vryraak: Edom en Moab en die beste deel van die kinders van Ammon. |
| Afrikaans 1983 | Hy sal selfs die beloofde land inval. Baie lande sal voor hom val, maar Edom, Moab en die beste dele van Ammon sal uit sy mag ontkom. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy sal die land van die Sieraad binneval, en baie sal val. Maar die volgende sal vrykom uit sy hand: Edom, Moab en die belangrikstes van die Ammoniete. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy sal in die pragtige land kom en hy sal baie mense doodmaak. Maar hy sal nie die land Edom vat nie, ook nie die land Moab en die land van die Ammoniete nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy sal selfs die Beloofde Land weer inval en baie ander lande sal voor sy mag swig. Maar Edom, Moab en die grootste deel van Ammon sal sy inval vryspring. |