Daniel 11:40 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En in die tyd van die einde sal die koning van die Suide hom aanstoot, en die koning van die Noorde sal hom tegemoetkom soos 'n stormwind, met strydwaens en perderuiters en met baie skepe; en hy sal in die lande ingaan en oorstroom en deurtrek.
Afrikaans (NLV) 2011 “Aan die einde van die tyd sal die koning van die suide hom aanval. Die koning van die noorde sal teen hom uitstorm met oorlogwaens, met ruitery en ’n baie groot vloot. Hy sal by lande kom en soos ’n golf oor hulle spoel.
Afrikaans 1933/1953 Maar in die tyd van die einde sal die koning van die Suide met hom in botsing kom, en die koning van die Noorde sal op hom afstorm met strydwaens en perderuiters en baie skepe, en hy sal daarmee in die lande inkom en instroom en dit oorvloei.
Afrikaans 1983 “In die eindtyd sal die koning van die suide hom aanval, maar hy sal teen die koning van die suide opruk met strydwaens, ruitery en baie skepe en sal die een land na die ander oorval soos 'n oorstroming.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ ‘ Maar in die eindtyd sal die koning van die Suide met hom kragte meet, en die koning van die Noorde sal hom bestorm met strydwaens, perderuiters en baie skepe. Hy sal lande binneval, instroom en oorstroom.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Later sal die koning van die suide oorlog kom maak teen die koning van die noorde. Maar die koning van die noorde sal oorlogkarre en soldate op perde en skepe bring en hulle sal soos 'n watervloed deur die lande vloei.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Wanneer die koning van die noorde se laaste uur byna aangebreek het, sal die koning van die suide hom aanval. Maar die koning van die noorde sal hom met sy volle leër teëstaan. Hy sal tegelyk sommer baie ander lande ook inneem. Hy sal oor hulle loop soos ’n rivier wat sy walle oorstroom.