Daniel 11:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En as hy opstaan, sal sy koninkryk verbreek word en verdeel word na die vier windstreke van die hemel; en nie vir sy nageslag of volgens sy heerskappy waaroor hy geheers het nie; want sy koninkryk sal uitgeruk word, ook vir ander buiten hulle.
Afrikaans (NLV) 2011 Op die kruin van sy mag sal sy koninkryk uitmekaarbreek en in die vier windrigtings spat. Dit sal nie na sy nageslag oorgaan nie. Dit sal ook nie langer die mag hê soos voorheen nie. Sy koninkryk sal opgebreek word en in die hande van vreemde mense beland.
Afrikaans 1933/1953 En as hy opgetree het, sal sy koninkryk verbreek word en na die vier windstreke van die hemel verdeel word; en dit sal nie aan sy nakomelinge behoort en nie wees soos die heerskappy wat hy gehad het nie -- want sy koninkryk sal verwoes word en nie aan hulle behoort nie, maar aan ander.
Afrikaans 1983 Maar sy mag sal skaars gevestig wees of sy koninkryk sal opgebreek en volgens die vier windstreke verdeel word. Dit sal nie na sy nakomelinge oorgaan nie. Sy koninkryk sal omgekeer word en na heeltemal ander persone toe oorgaan, en hulle sal nie die mag hê waaroor hy beskik het nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar hy sal pas 'n staanplek hê, dan sal sy koninkryk opgebreek en verdeel word in die vier windstreke van die hemel. Dit sal nie aan sy nakomelinge behoort nie, en dit sal nie wees soos die magsgebied waaroor hy geheers het nie, want sy koninkryk sal opgebreek word en, met uitsluiting van sy nageslag, aan ander behoort.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy sal nie lank regeer nie, dan sal daar vier konings kom, een koning in die ooste, een in die suide, een in die weste en een in die noorde. Hierdie konings sal nie sy seuns wees nie en hulle sal nie so sterk wees soos hy nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Maar net sodra hy dink dat hy in beheer is, sal sy koninkryk uitmekaarskeur en in vier dele verdeel word. Dit sal nie sy kinders wees wat oor hierdie koninkryke regeer nie. Sy magtige ryk sal soos ’n boom ontwortel word en vir ander gegee word om op ’n ander plek te plant. Daarom sal dit nooit weer so magtig wees soos sy ryk nie.