Daniel 11:39 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) So sal hy doen in die vestings met 'n vreemde god, wat hy sal erken en vermeerder met heerlikheid; en hy sal hulle oor baie laat heers en die land verdeel om wins te maak.
Afrikaans (NLV) 2011 Met die hulp van hierdie vreemde god sal hy versterkte vestings aanval. Hy sal eer gee aan dié wat hulle aan hierdie god onderwerp. Hy sal hulle aanstel om oor baie mense te regeer en hulle beloon deur aan hulle grond te gee.
Afrikaans 1933/1953 So sal hy dan optree teen die versterkte vestings met behulp van 'n vreemde god; diegene wat hy erken, sal hy baie eer en hulle oor baie laat heers en grond as beloning uitdeel.
Afrikaans 1983 Met behulp van dié vreemde god sal hy teen die vyand se versterkte vesting optree. Aan wie hom erken, sal hy groot eer bewys en hulle as regeerders oor baie aanstel. Hy sal grond aan hulle uitdeel as geskenke.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy sal optree teen versterkte stede met die hulp van 'n vreemde god. Wie aan hom erkenning gee, sal hy oorlaai met eerbewyse. Hy sal hulle laat heers oor baie, en grond uitdeel as beloning.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die koning sal dink hierdie ander god help hom, en die koning sal oorlog maak teen die stede wat sterk mure het. Die koning sal baie goed wees vir almal wat hierdie god dien. Hy sal hulle laat regeer oor baie mense en hy sal vir hulle lande gee.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Met die hulp van hierdie vreemde god sal hy sy vyande se sterk stede aanval. Dié wat hom as koning erken, sal hy in hoë posisies in sy regering aanstel en vir hulle grond skenk as beloning.