Daniel 11:38 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar in sy eiendom sal hy die God van die leërs eer, en 'n god wat sy vaders nie geken het nie, sal hy eer met goud en silwer en edelgesteentes en lieflike dinge. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy sal eerder die god wat hom beskerm, dien. Dit is ’n god wat sy voorouers nie geken het nie. Dié god sal hy vereer met goud en silwer, met edelstene en duur geskenke. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar in plaas daarvan sal hy die god van die vestings vereer, en die god wat sy vaders nie geken het nie, sal hy met goud en silwer en edelgesteente en kosbaarhede vereer. |
| Afrikaans 1983 | Hy sal nie hierdie gode vereer nie, maar die vestinggod, 'n god vir wie sy voorgangers nie geken het nie. Hom sal hy vereer met goud, silwer, edelstene en kosbare geskenke. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | In plaas van aan hulle, sal hy aan die god van vestings eer bewys. Aan die god wat sy voorouers nie geken het nie, sal hy eer bewys met goud, silwer, edelstene en ander kosbaarhede. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar die koning sal 'n god dien wat die konings wat voor hom regeer het, nie geken het nie. Dit is die god van die stede wat sterk mure het. Die koning sal vir hierdie god presente gee, goud en silwer, mooi klip en ander mooi goed. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy sal die god van die versterkte stede aanbid, ’n vreemde god wat sy voorouers nie eens geken het nie. Hy sal hierdie vreemde god dien met geskenke van goud, silwer, edelstene en ander kosbare geskenke. |