Daniel 11:37 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hy sal ook nie die God van sy vaders ag nie, of die begeerte van vroue of enige god ag nie; want hy sal homself bo alles groot maak.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy sal hom nie steur aan die gode van sy voorouers of die gunsteling god van die vroue nie. Hy ontsien geen god nie, want hy ag homself bo al die gode.
Afrikaans 1933/1953 En op die gode van sy vaders sal hy nie ag slaan nie, en op die liefling van die vroue en op enige god sal hy geen ag gee nie; want hy sal homself bo alles groot hou.
Afrikaans 1983 Die koning van die noorde sal hom nie steur aan die gode van sy voorgangers of aan die god wat deur vrouens bemin word of aan enige ander god nie, maar sal homself belangriker as hulle almal beskou.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Op die gode van sy voorouers sal hy geen ag slaan nie; op die geliefde van vroue of op enige ander god sal hy nie ag slaan nie, want bo hulle almal sal hy hom groot waan.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die koning sal ander gode dien, nie die gode wat die konings gedien het wat voor hom regeer het nie. Hy sal ook nie die god dien vir wie die vroue lief is nie. Hy sal nie een van daardie gode dien nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hierdie koning van die noorde sal hom nie steur aan die gode van sy voorouers of aan daardie god wat party vroue aanbid of aan enige ander god nie. Hy sal loop en vertel dat hy sterker is as enigeen van hulle.