Daniel 11:36 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die koning moet doen volgens sy wil; en hy sal homself verhef en hom groot maak bo elke god en wonders teen die God van die gode spreek en voorspoedig wees totdat die grimmigheid voleindig is; want wat vasgestel is, sal gebeur.
Afrikaans (NLV) 2011 “Die koning sal doen net wat hy wil. Hy sal homself aanstel en dink dat hy belangriker is as al die gode. Selfs teen die God van die gode sal hy verwaande dinge kwytraak. Hy sal sukses behaal totdat die tydstip van God se verontwaardiging tot ’n einde kom soos reeds besluit is.
Afrikaans 1933/1953 En die koning sal doen net wat hy wil en homself verhef en hom groot hou bo enige god, en teen die God van die gode sal hy wonderbaarlike dinge spreek; en hy sal voorspoedig wees, totdat die grimmigheid ten einde is; want wat vas besluit is, sal uitgevoer word.
Afrikaans 1983 “Die koning van die noorde sal maak soos hy wil en sal hom verhef en hom groter hou as enige god. Selfs teen die ware God sal hy ongehoorde dinge sê. Hy sal daarmee aanhou totdat die tyd van God se toorn oor sy volk verby is, want wat besluit is, sal gebeur.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ ‘ Die koning sal doen wat hy wil. Hy sal homself verhef en hom groot waan teen elke god; en teen die God van die gode sal hy verstommende dinge kwytraak. Hy sal voorspoedig wees totdat die vervloeking tot 'n einde kom, want dit is vooruitbepaal; dit sal uitgevoer word.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Die koning sal doen wat hy wil. Hy sal dink hy is belangriker as 'n god, en hy sal ook lelik praat van God, die enigste God. Hy sal doen wat hy wil in die tyd wanneer God kwaad is vir sy volk. God het besluit dit moet gebeur, en dit sal gebeur.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Die koning van die noorde sal doen net wat hy wil. Hy sal oor homself spog en sê dat hy groter is as enige god. So vol is hy van homself dat hy hom selfs met die allerhoogste God sal vergelyk. Hy sal hiermee aanhou totdat God se woede teen sy volk bedaar het. Want God het alles fyn beplan en dit sal gebeur soos Hy wil.