Daniel 11:35 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En sommige van die verstandiges sal val om hulle op die proef te stel en te reinig en hulle wit te maak tot die tyd van die einde toe, want dit is nog vir 'n vasgestelde tyd. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Sommige van hulle wat onderrig gee, sal struikel en vervolg word sodat hulle gelouter, gesuiwer en gereinig kan word vir die eindtyd. Die tyd waarop besluit is, het nog voorgelê. |
| Afrikaans 1933/1953 | En van die verstandiges sal sommige struikel, om onder hulle loutering en reiniging en suiwering aan te bring tot die tyd van die einde -- want dit sal nog duur tot op die vasgestelde tyd. |
| Afrikaans 1983 | Dan sal die vervolging party van die verstandige leiers tref sodat die volk gelouter, gesuiwer en gereinig kan word tot die eindtyd toe, want die einde is klaar bepaal. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Sommige van die verstandiges sal struikel. Dit is om hulle te louter, uit te sif en te suiwer tot die eindtyd; want dit sal steeds op die vasgestelde tyd wees. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Party van die verstandige leiers sal swaarkry sodat hulle beter mense kan word en reg kan wees op die dag wanneer die tyd verby sal wees. God het besluit wanneer dit sal wees. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Party van die goeie leiers sal doodgemaak word. Dit alles sal die volk net sterker en meer vasberade maak om voluit vir God te leef. Hierdie vervolging sal aanhou tot die tyd kom wat God bepaal het. |