Daniel 11:34 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En as hulle val, sal hulle met 'n bietjie hulp gehol word, maar baie sal hulle met vleiery aanhang. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Terwyl dit gebeur, sal daar wel beperkte hulp vir hulle wees. Baie wat by hulle aansluit, sal dit egter onder valse voorwendsels doen. |
| Afrikaans 1933/1953 | En terwyl hulle struikel, sal hulle met 'n klein hulp ondersteun word; dan sal baie uit listigheid by hulle aansluit. |
| Afrikaans 1983 | Wanneer dit hulle tref, sal hulle 'n bietjie hulp ontvang, en baie sal vir die skyn by hulle aansluit. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Terwyl hulle struikel, sal hulle 'n klein bietjie hulp ontvang, maar baie sal slinks by hulle aansluit. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Min mense sal die leiers help, en baie mense sal maak of hulle saam met die leiers werk, maar hulle sal vals wees. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Tydens daardie vervolging sal hulle darem ’n bietjie hulp van baie mense kry. Ongelukkig sal sommige mense wat hulle kom help, se motiewe nie heeltemal suiwer wees nie. |