Daniel 11:33 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die verstandiges onder die volke sal baie onderrig, maar hulle sal baie dae lank val deur die swaard en deur vlam, deur gevangenskap en deur buit.
Afrikaans (NLV) 2011 “Hulle wat die volk onderrig, sal baie mense help om te verstaan. Vir dae lank sal van hulle doodgemaak word met die swaard en met vuur, gevange geneem en beroof word.
Afrikaans 1933/1953 En die verstandiges onder die volk sal baie tot insig bring; maar hulle sal struikel deur swaard en vlam, deur gevangenskap en berowing, dae lank.
Afrikaans 1983 Verstandige leiers van die volk sal leiding gee aan baie mense, maar 'n tyd lank sal hulle doodgemaak, verbrand, gevange geneem en geplunder word.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die verstandiges onder die volk sal baie tot insig bring, maar hulle sal struikel deur die swaard en vlamme, deur gevangenskap en plundering, vir 'n tyd lank.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die verstandige leiers van die volk sal baie mense help om te verstaan wat gebeur, maar die koning sal party van die leiers laat doodmaak en verbrand. Hy sal ook party leiers wegvat na sy land toe.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Van die verstandige leiers sal aan die volk die regte leiding gee. Maar ook hulle sal vir ’n tyd lank doodgemaak, verbrand, beroof en in die tronk gegooi word.