Daniel 11:32 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die wat goddeloos handel teen die verbond, sal hy deur vleiery verderf; maar die volk wat hulle God ken, sal sterk wees en dade doen. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy sal dié prys wat die verbond met God verwerp het. Dié wat in hulle God glo, sal egter sterk staan en doen wat reg is. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die wat goddeloos handel teen die verbond, sal hy met vleiery afvallig maak, maar die volk wat hulle God ken, sal vashou en optree. |
| Afrikaans 1983 | Die koning sal dié wat aan die verbond ontrou is, deur vleiery verlei tot afvalligheid, maar die mense wat hulle God ken, sal vasstaan. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dié wat skuldig staan teenoor die verbond, sal hy met slinkse woorde afvallig maak; maar die volk wat hulle God ken, sal sterk weerstand bied. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die koning sal baie vriendelik wees met die mense wat verkeerd doen teen die verbond, maar die mense wat vir God ken, sal aanhou om nie verkeerde dinge te doen nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy sal dié wat reeds die rug vir God gedraai het, met vleitaal aan sy kant kry, maar die mense wat God dien, sal sterk staan teen hom. |