Daniel 11:31 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En wapens sal aan sy kant staan, en hulle sal die heiligdom van sterkte ontheilig en die daaglikse offer wegneem, en hulle sal die gruwel plaas wat verwoesting maak. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Sy leër sal kom en die vesting van die tempel besoedel. Hulle sal die daaglikse offer beëindig. Hulle sal die gruwelike ding wat alles verwoes by die tempel oprig. |
| Afrikaans 1933/1953 | En deur hom sal leërs op die been gebring word en die heiligdom, die vesting, ontheilig, en hulle sal die voortdurende offer afskaf en die ontsettende gruwel opstel. |
| Afrikaans 1983 | Van die koning se troepe sal die heiligdom en die vesting ontheilig. Hulle sal die daaglikse offer afskaf en 'n ding oprig wat 'n gruwel is vir God en wat verwoesting aanrig. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Strydmagte deur hom byeengebring, sal opstaan en die heiligdom, die vesting, ontheilig, die gereelde offer afskaf en die verfoeilike afgodsbeeld wat verwoesting veroorsaak, oprig. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy sal soldate stuur, en hulle sal die tempel ontwy. Hy sal sê die priesters mag nie meer elke dag offer nie. Hy sal iets in die tempel neersit wat vir God baie kwaad maak en wat alles verwoes. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Van sy soldate sal in die tempel ingaan en God se heilige Naam skend. Hulle sal die mense verbied om hulle godsdiens te beoefen en ’n gruwelike afgodsbeeld op die altaar in die tempel neersit, ’n ding wat tot opstand lei. |