Daniel 11:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En 'n magtige koning sal opstaan, wat met groot heerskappy sal heers en handel volgens sy wil. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Daarna sal ’n baie sterk koning aan bewind kom wat oor ’n uitgestrekte koninkryk sal heers. Hy sal maak nes hy wil. |
| Afrikaans 1933/1953 | Dan sal 'n dapper koning opstaan wat groot heerskappy sal hê en sal maak net soos hy wil. |
| Afrikaans 1983 | Dan sal 'n dapper koning op die toneel verskyn wat oor 'n groot ryk sal regeer en sal maak wat hy wil. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dan sal 'n heldhaftige koning opstaan. Hy sal met baie mag heers en doen wat hy wil. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar daar sal 'n koning kom wat 'n goeie soldaat is. Hy sal regeer oor baie mense en hy sal doen wat hy wil. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dan sal ’n dapper koning op die toneel verskyn. Hy sal oor ’n groot en magtige ryk regeer en doen net wat hy wil. |