Daniel 11:28 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Dan sal hy na sy land terugkeer met groot rykdom; en sy hart sal wees teen die heilige verbond; en hy sal dade doen en na sy land terugkeer.
Afrikaans (NLV) 2011 “Die koning van die noorde sal met groot rykdom terugkeer na sy land toe. Op pad terug sal hy egter optree teen die mense van God se verbond.
Afrikaans 1933/1953 En hy sal na sy land teruggaan met baie goed, en sy hart sal teen die heilige verbond wees, en hy sal optree en na sy land teruggaan.
Afrikaans 1983 “Dan sal die koning van die noorde met baie besittings na sy land toe terugkeer, maar hy sal eers optree teen die gewyde verbondsvolk. Nadat hy dit gedoen het, sal hy teruggaan na sy eie land toe.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die koning van die Noorde sal terugkeer na sy land met baie besittings, maar sy hart sal teen die heilige verbond gerig wees. So sal hy optree en terugkeer na sy land.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Die koning van die noorde sal teruggaan na sy land en hy sal baie goed saamvat. Hy sal slegte dinge doen aan die gewyde mense. Dan sal hy teruggaan na sy land. God het 'n verbond gemaak met die gewyde mense.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Hierna sal die koning van die noorde met al sy oorlogsbuit omdraai huis toe. Op pad terug sal hy eers probeer om God se verbondsvolk en hulle godsdiens uit te roei. Nadat hy met hulle gedoen het wat hy wou, sal hy uiteindelik koers kies terug huis toe.