Daniel 11:27 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En albei hierdie konings se harte sal wees om kwaad te doen, en hulle sal leuens aan een tafel spreek; maar dit sal nie voorspoedig wees nie, want nogtans sal die einde wees op die vasgestelde tyd. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die twee konings sal vol listige planne om een tafel sit en mekaar bedrieg. Hulle planne sal egter nie slaag nie, want hulle einde is klaar bepaal. |
| Afrikaans 1933/1953 | En wat die twee konings betref, hulle hart sal wees om kwaad te doen; en aan een tafel sal hulle leuens spreek, maar dit sal nie geluk nie, want die einde sal eers op die vasgestelde tyd wees. |
| Afrikaans 1983 | Die twee konings sal bose planne in die mou voer en sal mekaar aan dieselfde tafel sit en belieg, maar dit sal hulle nie baat nie, want hulle einde is klaar bepaal. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | En die twee konings, hulle albei, sal kwaad beplan in hulle harte, en terwyl hulle aan dieselfde tafel is, mekaar belieg. Maar dit sal nie slaag nie, want die einde sal eers op die vasgestelde tyd wees. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die twee konings sal saam eet, maar hulle sal vir mekaar lieg en hulle sal slegte planne maak teen mekaar. Hulle sal nie kan doen wat hulle wil doen nie, want God het besluit hulle sal nie meer konings wees nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die twee konings sal om die tafel vir mekaar sit en lieg. Dit sal in elk geval nie help nie, want nie een van hulle sal kry wat hulle wil hê nie, omdat God anders besluit het. |