Daniel 11:26 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ja, die wat die deel van sy spys voed, sal hom vernietig, en sy leër sal oorstroom, en baie sal gesneuweldes omval.
Afrikaans (NLV) 2011 Sy eie mense sal hom doodmaak. Sy manskappe sal oorweldig word en baie van hulle sal omkom.
Afrikaans 1933/1953 En die wat sy spys eet, sal hom te gronde rig; en sy leër sal wegvloei, en daar sal baie gesneuweldes lê.
Afrikaans 1983 Mense aan sy eie hof sal hom breek. Sy leër sal oorweldig word, en baie van sy soldate sal sneuwel.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle wat van sy kos eet, sal hom breek; sy leër sal oorweldig word, en baie gewondes sal val.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Mense in sy eie huis sal hom laat verloor. Sy soldate sal vlug, en baie soldate sal sterf.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Sy vertrouelinge sal hom in die rug steek. Baie van sy soldate sal in die geveg doodgaan en sy leër sal verslaan word.